Zimmatic-produkte
Toonaangewende besproeiingstelsels.
Ons uitsonderlike produkte en dienste word geskep met u, die produsent, in gedagte. Ons bied besproeiing-afstandsbestuur, toonaangewende spilpunte, luglose wielontwerpe en presieseveranderlikekoers- (VAR) besproeiing vir elke produsent en elke landery.
Ontdek ons produkte en dienste.
Spilpunte en laterale
Spilpunte en laterale
Baanoplossings
Baanoplossings
Beheerpanele
Beheerpanele
Presisiebesproeiing
Presisiebesproeiing
Ontwerp met u in gedagte.
Uitstekende strukture
Ons innoverende produkte bied bewese ultrabetroubare sterkte en duursaamheid danksy hoëgehalte-komponente, eksklusiewe struktuurontwerp en streng toetsing – dis alles deel van die Zimmatic-verskil waarop u kan reken.
Mededingende pypleidinge
Ons standaard 168 mm- (6⅝ duim) pyp is meer as 10% dikker as dié van konkurrente. Ons bied gegalvaniseerde staal-, aluminium-, vlekvryestaal- en plastiekgevoerde pypleiding vir maksimum duursaamheid en doeltreffendheid op u landerye.
Verskillende toringhoogtes
Ons bied hoogtes vir elke landery met ’n vierpoot-standaardstruktuur, die eerste mediumvryruimte-toring in die bedryf vir hoëopbrengs- geneties verbeterde mieliehibriede, en verskeie hoëvryruimte-spilpuntopsies vir langer gewasse.
Vervang verspilling met spilpunte.
Spilpuntbesproeiing is ’n bewese metode om hulpbronne te bespaar en afvloei na of besoedeling van strome en vleilande te verminder – en dit is maar net die begin. Lees waarom spilpuntbesproeiing die sleutel tot winsgewender, volhoubaarder, doeltreffender werksaamhede is.
Wil u meer weet oor Zimmatic?
Blaai deur produkliteratuur vir die volledige Zimmatic-reeks van spilpunte, laterale, beheerpanele en méér om ’n slimmer, doeltreffender besproeiingstelsel vir u unieke werksaamhede te bou.
Vind u naaste handelaar.
U plaaslike Zimmatic-handelaar is altyd daar om te help bepaal watter besproeiingsoplossings u produktiwiteit en wins die beste kan verbeter.
Kyk ons aanbevole hulpbronne.
Spilpunt besproeiing teenoor drupbesproeiing: wat is die verskil en watter metode moet jy gebruik?
08 Mei 2020
Deur die eeue is verskillende metodes van besproeiing ontwikkel deur boere om te voldoen aan die unieke behoeftes van hulle lande. Daar is egter twee leidende metodes, naamlik drupbesproeiing en spilpunt besproeiing.
Top 3 voordele van die gebruik van beheerpanele op jou spilpunte
08 Mei 2020
Die tradisionele benadering tot boerdery is al vir eeue lank die status quo. Boere sou moes staatmaak op visuele inspeksies om te weet presies wat aan die gang is in hulle lande en die bestuur van spilpunte het baie arbeid vereis.
Center Pivot Irrigation Helps New Zealand Grower Improve Sustainability
07 Feb. 2020
A love of the land and the ability to be his own boss led New Zealander Gary Wilson to a life of farming.